Die Tjegge is blykbaar lief vir hul worsies. Arm dog avontuurlustige reisiger wat ek is, gooi ek toe alle instinkte en bedenkinge oorboord en koop 'n pakkie worsies by die local Albert supermark se slaghuis. Albert, by the way, has served me well gedurende my tydjie hier. Pain au chocolat vir minder as R3!
In elk geval, die Vienna styl worsies het my ongemaklik herinner aan Ewald-en-die-skelpienk-worsie insident in Greyton (hmmm...dit klink dodgy...sorry Ewald!), maar dis 'n storie vir 'n ander dag. So, for the sake of sampling foreign cuisine het ek maar oë toegeknyp en gekou.
Wat 'n aangename verrassing!
'n Goeie voorbeeld van looks can be deceiving. Ek het al 4 heerlike worsies verorber deur die loop van die oggend.
'n Worsielose dag het verbygegaan.
Toe, vanoggend, terug by Albert, soos 'n kleuter wat sy boundaries push, besluit ek om op te gradeer. Hierdie keer 'n effense duurder variëteit - vacuumpacked the works. So arend logo labeltjie met woorde op wat ek nie verstaan nie en nie eens spasie laat vir logiese afleidings nie. Brawe meisie wat ek is gooi ek in elk geval die worsies in my mandjie en stuur 'n gebedjie op dat die arend logo nie 'n aanduiding is van die inhoud van die worsies nie.
Vandag se les: 'n Fancy label is nie noodwendig 'n indikasie van goeie smaak nie (letterlik in die geval). Ek sweer dit was regtig 'n bleddie vrot arend kuiken. Jigggggg!
Ek pak toe maar die oorblywende 4 arendjies weg in 'n plastieksakkie want, dink ek naief, as ek regtig desperaat honger word mag ek die roofvoël dalk nog 'n kans gee. Fout #2. Want toe ek 'n uur later my rugsak oopzip om vir 'n souvenir te betaal toe ruik ek, die kassier en almal in 'n 10m radius net arendworsies.
Toe chuck ek maar die res met die besef dat soms...net soms...is duurkoop ook maar net plein duurkoop.

No comments:
Post a Comment