05 February 2008

As ek eers Die Taal uitruk...

...moet jul weet ek is nou gatvol!

Gatvol vir vertraagde vlugte en swak verskonings vir reisagente. Siek en sat vir die bleddie Airport Game Lodge wat so ver op 'n grondpad in die boendoes van Johannesburg (ja, 'n contradiction of terms en ek vang dit ook helemaal nie) geleë is dat die internet konneksie nie werk nie en Mr. Delivery twee ure neem om kos af te lewer - dit nadat hulle reeds 'n uur geneem het voor hulle laat weet het dat oom Naidoo se plek onlangs afgebrand het en Engela se keuse van Indies dus nie beskikbaar is nie (ja, selfs my politiese korrektheid het al by die venster uitgevlieg). Ek is nou tot in my diepste siel toe moeg vir stukkende toilette en papierdun mure waardeur mens half flippen een in die oggend steeds na die rampokkende dronkgatte in die kamer langsaan se onsamehangende gefuif moet luister. Ek is selfs gatvol vir geïsoleerde donderstorms wat normaalweg punte vir Johies sou score in my boek.
Overgesetsynde is ek nou, sonder skuld of skaamte, allesoorheersend en sieldeurdrenkend gatvol vir Gauteng.

Naskrif: Liewe lesers. Let asb. dat die bogenoemde bietsh (soos SJ dit sou noem) in my kop geformuleer is in die baie vroeë oggendure na 'n baie traumatiese dag. Ek respekteer die feit dat die Airport Game Lodge self dalk vir sommige individue 'n voldoende vakansiebestemming is...ok, dalk oordeel ek hulle so bietjie, maar ek vra steeds mildelik om verskoning vir my brombeer bietsh hierbo. Ek sluit dit egter in hier op bloggerol om 'n akkurate en getroue skets te gee van my sielkundige toestand in die hitte van die onstellende oomblik.

3 comments:

Anonymous said...

He,he, jy wou mos gaan travel sonder my ;-)

Nou voel ek nie meer so negatief oor die koue mislike nat weer nie, vat so!

;p

Jaloerse ek, JB

Anonymous said...

Was dit nie 'n Kaapse reisagent wat die Gautengse trauma veroorsaak het nie? Myns insiens onbillik om vir liefste Gauteng gatvol te wees!

CM

Nitaki said...

Dit was 'n Gautengse reisagent. En ek het niks inherent teen Gauteng nie, maar as mens veronderstel is om op 'n strand te le in die trope en jy le in Johies terwyl dit stortreen sien mens nie altyd rede nie.
:-)

No hard feelings